Witzenberg Herald steeds een van die top dorpskoerante
 

DIE Witzenberg Herald is die afgelope 13 jaar die amptelike spreekbuis van die Witzenbergstreek.
Oor meer as 'n dekade het die Witzenberg Herald homself as een van die top dorpskoerante in Suid-Afrika gevestig.
Die familiebesigheid is in 1997 deur Piet en Francois Snyman, met meer as 60 jaar se koerantervaring tussen hul twee, begin nadat hulle gesien het daar is 'n groot behoefte vir 'n koerant in die streek. Sedert April 2007 is Francois en Erika Snyman (advertensies en DTP), die eienaars.

Klein begin
Na 'n klein begin as twee-weeklikse publikasie, het hulle na ses maande besluit om weekliks te verskyn. Vandag vorm die koerant, met meer as 20 000 lesers, 'n integrale deel van die Witzenbergstreek en kan baie inwoners nie wag dat die koerant elke Donderdag op straat verskyn nie.
Die koerant was in 2009 en 2005 die wenner van die beste voorblaaie vir onafhanklike en klein dorpskoerante in Suid-Afrika. In 2001 en 1997 was die koerant se voorblaaie die naaswenner.

Die Witzenberg Herald het in September 2009 by die jaarlikse Sanlam-toekennings vir gemeenskapskoerante uitgeblink.
Die geselligheid is in Johannesburg by die Indaba Hotel aangebied. Die koerant, wat meeding in die afdeling vir onafhanklike en klein dorpskoerante, het 'n algehele derde plek verower. Die Zoutpansberger was eerste en Die Pos was tweede.
Die Witzenberg Herald het vanjaar die afdeling vir beste voorblaaie vir onafhanklike en klein dorpskoerante gewen.
Die Sanlam-toekennings vir gemeenskapskoerante is die grootste van die 32 koerantkompetisies wat jaarliks in Suid-Afrika en Namibië aangebied word.


CERES link - click here

                                    www.exclusivegolftours.co.za